Tuisblad Geskiedenis Doelwitte Skakels Kontak Inligting

                                                

Geskiedenis

Sedert 1783 het Brittanje meer as 60 oorloë gevoer en slegs een verloor: Die Eerste Vryheidsoorlog met sy finale veldslag op Majuba, 27 Februarie 1881. 

‘n Klein aantal van ons militêr-ongeskoolde voorouers het ‘n oormag van die room van Britse professionele soldate in vier veldslae verpletterend verslaan, juis toe “Groot”- Brittanje die kruin van sy mag bereik het.  Wie was hierdie kleine volk, en hoe het hulle hierdie oorwinning behaal?  Het julle dan jul eie volk vergeet?

Toe, op 31 Mei 1902, lyk dit of hierdie klein, dapper volk die geskiedenisboeke ingestap en vir ewig verdwyn het. Die naam Boer is nooit weer enige betekenis gegun, behalwe in geskiedkundige verband nie en hulle wat daaraan vasklou, word dan ook spottend afgekraak as verkramptes wat in die verlede leef.  Was die volk nie geintemideer deur die media, regering en dan sommer ook van jou eie volksgenote nie?   

Ondanks die Britse Ryk se pogings daartoe, was die Boerevolk natuurlik nie fisies uitgewis op 31 Mei 1902 nie.  Daar was oorlewendes.  Maar die oorlewendes se nageslag sou nooit besef hulle is Boere nie:  Die staatsgesag in ‘n plek genaamd die “Unie van Suid-Afrika”, hulle nuwe staatkundige “tuiste“, sou hulle herdoop tot Afrikaners.  Kom onder die juk uit en leef en streef na eenheid in die Boervolk. 

Die keuse van die nuwe doopnaam was beide ‘n sluwe en ‘n intelligente keuse.  Intelligent, want die Boere het sedert Hendrik Bibaullt se bekende uitroep “Ik ben een Afrikaander“ hulself lank reeds in sekere sin as Afrikaners beskou, naamlik soos wat Hollanders hulself as Europeërs beskou en Sjinese hulself as Asiate – as aanduiding dus van kontinentale woonplek en –aanhorigheid, maar nie as volk nie. Hoewel Boere die term “Afrikaner” nie as volksnaam gebruik het nie, sou hulle dus nie volkome vyandig daarteen staan nie. 

Die nuwe doopnaam was egter ook ‘n sluwe keuse; kwansuis bloot die term waaronder “eenheid” onder alle Afrikaanssprekendes bewerkstellig sou word. Maar die naam Afrikaner was teen 1902 reeds goed gevestig as die naam van Kaapse onderdane trou aan die Britse Ryk met Afrikaans as huistaal – die sogenaamde “Cape Dutch“.  Húlle naam sou voortaan ook die “voormalige” Boere se naam word – húlle sou dus die toonaangewende komponent word van die nuwe, misplaasde “eenheid” onder Afrikaanssprekendes van die Kaap tot Limpopo.  Hulle sou nie opgaan in die Boerevolk tydens die nuutgevonde “eenheid” nie – die Boerevolk sou opgaan in húlle.  En hierdie Afrikaners was iets heeltemal anders as “Boere“ – so anders dat Paul Kruger hulle geen burgerskap van Transvaal gegee het, ongeag die tydperk van verblyf, sonder dat hulle hul lojaliteit en strewe met dié van ons Boerevolk in ‘n oorlog bewys het nie.

Die waterskeiding tussen hulle was die Groot Trek.  Afrikaners het nie die Groot Trek meegemaak nie – dit trouens smalend veroordeel as “rebellie teen die owerheidsgesag van ons Britse Koningshuis.“  Trekkers is deur Afrikaners onder kerklike tug geplaas met weiering om die sakramente aan hulle te bedien.  Afrikaners het nie die Bloedrivier-Gelofte afgelê nie; hulle en hulle nageslag is daarom nie daaraan gebonde nie. Hulle is derhalwe nie  deel van die  Verbond tussen die Boerevolk en God Drie-Enig nie; die Verbond wat herbevestig is by Paardekraal en uitgeloop het op die heerlike oorwinning op Majuba.  DIT IS DIE VERSKIL TUSSEN ‘N BOER EN ‘N AFRIKANER. Hierdie kosbaar-verwerfde onafhanklikheid het nooit vir hulle iets beteken nie; daarom kon hulle geestelike afstammellinge so maklik ons selfbeskikkingsreg in 1994 vertrap.

Het die Boer dan vergeet hoe dit sal wees om hom self te regeer en nie voor gesê word deur enige ander volk nie?  Wees darem trots en sê dit met reg dat jy ‘n Boer is.  Bring dan ook jou kant.  Moet nie negatief wees nie, as elkeen ook net ‘n idée kan bydrae en dan bereik ons alreeds iets.  Ons moet ook dan begin doen.

Ek sal ook net graag wil sien dat daar net een geloof onder die volk is en dat daar nie ‘n groep is wat hom wil stel bo ‘n ander groep nie.  Hierdeur wil ek dan al die groepe, gemeentes of organisasies by mekaar bring sodat daar eenheid kan wees onder die volk.  Glo my, dit kàn gebeur!!!  Ek weet.

As lid van die volk is jy ‘n Boer – en jy is uit hierdie identiteit uit bedrieg – ‘n identiteit waarop jy en jou nageslag die volste reg het, ‘n identiteit wat (weens die Verbond wat daaraan gekoppel is), heerlike beloftes inhou aan hulle wat ‘n verbond met die Drie-Enige God in stand hou!   Eis daarom vandag nog jou identiteit  as Boer terug; en weier om verder as Afrikaner, wat in sovele opsigte ‘n smetnaam geword het, bekend te staan – laat ons as volk eerste stap op die weg terug na vryheid.

BEHOUD VAN DIE VOLK

Ons Vader profeteer deur Jeremia oor Israel se einde:

Jer.32:39 "En Ek sal hulle een hart en een weg gee om My altyd te vrees, hulle ten goede en hulle kinders na hulle."

Ons het hoegenaamd nog nie by dié gesindheid uitgekom nie.

Juis deur ywer vir wat ons glo, gaan ons maklik met een aspek op loop en kyk belangriker dinge mis omdat ons nie oplet waarby ons verbygaan nie - 'n soort tonnelvisie.

Spr.19:2: "Selfs ywer is sonder kennis nie goed nie; en hy wat haastig met die voete is, trap mis."

Paulus getuig van Israel:

Rom.10:2,3 "Want ek getuig van hulle dat hulle 'n ywer vir God het, maar sonder kennis. Want omdat hulle die geregtigheid van God nie ken nie en hulle eie geregtigheid probeer oprig, het hulle hul aan die geregtigheid van God nie onderwerp nie."

Vanuit 'n vaste oortuiging, lyk dit soms asof ander moedswillig nie wil verstaan nie. Die gevolg is groepvorming en partyskap, want ywerige gelowiges is meesal nie juis diplomate nie.

'n Onbesoedelde bron kon ons dalk uiteindelik by dieselfde punt uitbring, maar ons bron, die Bybel, is aangetas en die klimaks van die tye nader vinnig - die tekens is daar: tyd is min.

Net as ons eendragtig en doelgerig die regte grondwaarhede uitsif sodat ons kan ophou verskil en onderlinge gesindhede versoen, is ons deel van die voorspelde gelowiges van een hart en een weg!

Onthou die gelykenis van die tien maagde; dié wat verwerp was, was ook maagdelik rein, maar onvoorbereid en daarom te laat!

Hoekom glo ons verskillend uit dieselfde Skrif? Hoe kan Waarheid ons verdeel? Net onvolledige kennis en gebrekkige insig kan regtig eerlike, ernstige gelowiges uit mekaar hou!

Miskien vermoor ons naasteliefde deur buitensporige eise te stel. Ons sê ook maklik dat Vader 'n besondere persoon seker maar nie getrek het nie en daarmee basta; maar dit was juis hoe die vermetele Fariseër wat God gedank het dat hy so'n oulike ou is verwerp is, terwyl 'n ander bloot berou gehad het, sy sonde erken het, om genade gesmeek het en verhoor is.

Ons het mos ook 'n verantwoordelikheid teenoor ons naaste!

Kennis van Vader, voldoende kennis, begrip en verdraagsaamheid; geduldige uitpluis van verskille, is al manier hoe ons by mekaar gaan uitkom; maar dan moet ons werklik na mekaar luister en ons foute erken as ons dit insien.

Nie een van ons het al die kennis in pag nie.

Wysheid van Sirag 3:26 "'n Trotse hart stink aan sy einde, maar hy wat goeie dinge liefhet, sal deur hulle gelei word."

Min het selfs die melk-stadium al baasgeraak, al voel baie magtig in die Skrifte. Daar skort iets.

Dis tyd vir die Boervolk se oorblyfsel, dié wie se siel werklik sy Skepper soek, om soos ons Trekker-vaders, ons af te sonder van wêreldgebonde, mening-gevoelige kerke se chaos en te besin oor ons verhouding tot mekaar, die Almagtige en ons lotsbestemming. Die Woord eis skeiding, die eerste stap in 'n volk se terugkeer na sy Formeerder (Jes.48:20; 50:8; Jer.50:16; 51:6; Open.18:4).

Toe 'n rewolusionêre owerheid ons vaders in 'n koers teen Godswil dwing, het hulle hul van daardie invloed afgeskei, hulself uit die Woord gevoed en sonder 'n kerk hul volksiel en God gevind.

As gelowige volksgenote hul verskille sonder inmenging kan versoen en so 'n eendragtige volksiel herwin, sal dit waarlik soos reën na 'n droogte wees. As ons regtig na Hom wil terugkeer, mag ons sekerlik ons barmhartige Vader wat ons harte ken daarvoor vra. Hy sal sekerlik nie 'n klip gee as ons brood vra nie; maar 'n ander skeiding moet eers kom: skeiding in hart en verstand van godsdiens-stelsels wat geveinsd verderflike oogmerke nastreef.

Die Christendom en sy verwarrende gewoontes, bygelowe, tradisies en dogmas wat uit vreemde goderye met hul strydige vertolkings kom, kan onmoontlik die eis van een hart en een weg vervul.

Een hart beteken een Weg en daarom moet ons nugter besin wat uit ons godsdiens uitgeroei of daarin teruggesit moet word, sodat almal wat die Almagtige wil aanbid dieselfde reguit pad kan loop.

Daar is honderde gelowe in die wêreld, maar in oorsprong, twee groot groepe in onderlinge vyandskap:

die kinders van die Lig, waarop Christelike Kerke roem en die kinders van die Bose, wat breedweg deur Christene as heidene geëtiketeer is. Hierdie vyandskap kom oor milleniums deur die hele Bybelse geskiedenis en die Bose oorwin baie weens hul gebrekkige kennis.

Die logiese beginpunt om ons tekort aan kennis aan te vul, is op die plek waar die Babelse verwarring lank terug ontstaan het.

Israel self, het ontstaan in 'n wêreld oorheers deur afgodery.

Woorde, uitdrukkings, gebruike en simboliek wat hieruit kom, is vandag nog deel van haar taal en begrip. Om te begryp wat die Skrif vir ons sê, moet ons dus eers afgodery se oorsprong en invloed op volke en hul begrip van godsdiens ondersoek.

Gelykheidsleer

Afgodery is teologies gegrond as gelykheidsgodsdiens sonder die Almagtige se beperkings. Dit lei onverbiddelik na verbastering soos ons nou weer ondervind: moreel-verarmde leiers wat onsedelikheid, bandeloosheid en beginselloosheid se bouval wit pleister om hul drifte 'n skyn van ordentlikheid te gee.

Dat pogings om rasse gelyk of eenvormig te maak die Almagtige nie geval nie, vertoon Hy vroeg al by Babel se toring, toe Hy die mense se taal verwar en hul uitmekaar laat spat. Die chaos van tale en volke in ons land moet ons dus iets oor ons toekoms sê.

Israel se wette verbied vermenging en verorden heiligheid (afsondering of afskeiding). Die rede is voor die hand liggend: Verbastering vernietig die enigste basis vir blywende vrede, die orde wat God geskep het: Twee suiwer rasse met die eienskappe wat Hy gewil en geskep het. Basters dra 'n onversoenbare spanningstoestand in hul genetiese en sielkundige samestelling, wat tot uiting kom in vyandigheid en geweld van gesinsvlak af tot by volke-verhoudings. Vir elke suiwer ras is 'n funksie beplan wat nie in Satan se chaos kan gedy nie.

Kan die Roomse kerk dan uit die Almagtige kom, hierdie "moeder van die hoere en die gruwels van die aarde" (Open.17:5)? Sy dra dan al die tekens van die dier wat was en nie is nie, alhoewel hy is (Open.17:8): Babilon, die stad wat was en nie meer is nie, maar wie se stelsel steeds bestaan as God en Sy volk se vyand!

Wysheid van Sirag: "Moenie sê: 'van God is my oortreding' nie, want wat Hy haat, het Hy nie gemaak nie."

Die Uitverkiesing

Kerke stel hulself in Israel se plek in die uitverkiesing.

Kan dit waar wees? In die eerste plek, is so'n omvattende verandering nêrens geprofeteer nie, terwyl Amos 3:7 sê: "Want Yahweh doen niks tensy Hy Sy raadsbesluit aan Sy knegte, die profete, geopenbaar het nie." Israel se verstrooiing, verlossing en uiteindelike herstel is egter oorvloediglik geprofeteer.

Elke Bybelstudent weet dat die Almagtige in die begin 'n geslag uitverkies het, wat Israel geword het (Deut.32:8,9).

Hy beloof in Sy Verbond met Abraham, wat Hy met Isak en Jakob oprig, om aan sy nageslag die land Kanaän te gee as ewige besitting, wat nagekom is toe Israel die Beloofde Land inneem.

In Lev.26 en Deut.28 beloof Hy seën as Israel gehoorsaam is en straf vir ongehoorsaamheid in die vorm van vervloeking, verstrooiing oor die hele aarde, diensbaarheid aan vreemdes en Sy vier groot gerigte: die swaard, hongersnood, pes en "wilde wesens van die aarde". Dit gebeur ook elke keer as Israel afvallig raak.

Hy gee verder te kenne dat Hy verwag dat Israel, as dit eers goed gaan, Sy Verbond sal verbreek, wat al die beloofde onheile op hul sal afbring (Deut.31:20,21; 32:15-28), maar beloof ook herstel as Israel haar bekeer en Hom aanroep (Deut.32:36-43; Jer.33:26).

Hierdie verwagting moet alreeds vir ons sê dat die Kerk nie in Israel se plek kan wees nie, want Almagtige Jahweh verander nie en gaan nie terug op Sy Woord nie (Ps.89:30-37; Mal.3:6), maar kom ons kry nog meer bevestiging:

Jes.54:10: "Want berge mag wyk en heuwels wankel, maar My goedertierenheid sal van jou nie wyk en My vredeverbond nie wankel nie, sê Yahweh, jou Ontfermer."

Jer.31:36-37: "As hierdie verordeninge (son, maan, sterre, getye - vers 35) voor My aangesig sal wyk, spreek Yahweh, dan sal die nageslag van Israel ook ophou om 'n volk te wees voor My aangesig vir altyd." So sê Yahweh: As die hemele daarbo gemeet en die fondamente van die aarde daaronder nagespeur kan word, dan sal Ek ook die hele nageslag van Israel verwerp weens alles wat hulle gedoen het, spreek Yahweh."

Jer.33:20,21: "So spreek Yahweh: As julle My verbond met die dag en My verbond met die nag kan verbreek, dat daar geen dag of nag op hulle tyd is nie, dan sal ook My Verbond met Dawid, My kneg, verbreek kan word, dat daar vir hom geen Seun sal wees wat regeer op sy troon nie, en met die Leviete, die priesters, My dienaars."

Is daar miskien 'n kans dat Israel vir altyd verwerp kan wees, of iets anders in haar plek?

Die kerke sal sê: "Ja, maar dis Ou Testamenties!", want hulle wil van die Ou Testament nie meer weet nie, 'n afgehandelde saak, en vervang die N.T. die oue heeltemal. Dis natuurlik onsin, want Jahshua verwys kort-kort daarna en sê Hy het nie wet of profesie kom ontbind nie (Matt.5:17-19). Kom ons toets dit:

Die Wet het nie verval nie, want Johannes getuig in die N.T. tyd:

1Joh.5:2,3 "Hieraan weet ons dat ons die kinders van God liefhet: wanneer ons God liefhet en Sy gebooie bewaar. Want dit is die liefde tot God, dat ons Sy gebooie bewaar; en Sy gebooie is nie swaar nie."

Profesie het ook nie verval nie, want Petrus waarsku:

2Pet.1:19 "En ons het die profetiese woord wat baie vas is, waarop julle tog moet ag gee..."

Paulus getuig:

Hand.24:14 "Maar dit erken ek voor u dat ek volgens die Weg wat hulle sekte noem, so die God van my vaders dien, terwyl ek alles glo wat in die Wet en die profete geskrywe is."

Ons kan ook aantoon dat al die gemeentes aan wie sendbriewe gestuur is, Israeliete was (Rom.4:1; 1Kor.10:1 ens.).

So is daar veel meer bewyse dat net Israel uitverkies is, op wie alleen die Evangelie van toepassing is.

Die ware Evangelie is die blye boodskap van Israel se verlossing van die vloek in Lev.26 en Deut.28, hul verbondsverbreking wat die huwelikswet se bepalings op hul van toepassing maak, soos Paulus in Rom.7 verduidelik.

'n Vals evangelie vir vergeestelikte Israel, die Kerk, vervalsings soos die heilige Name en "Jood" waar "Judeër" moes staan.

'n Keuse tussen net twee rigtings bly vir u oor.

As u Vader se geopenbaarde Woord glo, is dit duidelik dat net Israel betrokke is in die Almagtige se uitverkiesing. As u dit nie glo nie, is dit nie vir u bedoel nie en mors u nou u tyd.

Gevolgtrekking

Ons begin-aannames was verkeerd. Daar is nie regtig twee groot groepe nie, maar net een, Babilon. Die Almagtige se volk is, soos voorspel, net 'n klein oorblyfsel (Jes.1:8; 10:19,22, Rom.9:27).

Dis noodsaaklik dat ons die verskillende denominasies se dogmas en gebruike deeglik toets aan Skrif. 'n Teologiese opvatting, ongestaaf uit Skrif, is eenvoudig nie goed genoeg nie, want die vrugte daarvan getuig alte duidelik van die dwaasheid daarvan.

Ons Verlosser se bede is dat daar eenheid van gees, geloof en gesindheid onder Sy aanbidders sal wees: Joh.17:21,22 "dat almal een mag wees net soos U, Vader,in My en Ek in U; dat hulle ook in Ons een mag wees, sodat die wêreld kan glo dat U My gestuur het...sodat hulle een kan wees, net soos Ons een is."

Hoe wil ons dit bereik as ons die fondament laat verkrummel?

Hoe kan ons oortuig wees om wet en profete te verwerp, waarvan die N.T. juis vervulling en uitleg bied en gereeld daarna verwys as voorbeeld en bron?

Matt.5:17,18 "Moenie dink dat Ek gekom het om die wet of die profete te ontbind nie (daarvoor het die kerke gekom!). Ek het nie gekom om te ontbind nie, maar om te vervul...voordat die hemel en die aarde verbygaan, sal nie een jota of titteltjie van die wet ooit verbygaan totdat alles gebeur het nie."

Stry ons met ons Verlosser? Het die hemel en aarde al verbygegaan dat ons wet en profete kan ontbind?

Wil ons nie deel van die gebou wees wat Paulus beskryf nie?:

Efe.2:20 "('n woning van God) gebou op die fondament van die apostels en profete, terwyl Jahshua Messiah (Sy regte Naam) self die hoeksteen is"

As ons nie ons sienings en vooroordele onder die soeklig plaas nie, kan ons nie die pad loop wat Vader van ons verwag nie.

Niemand met gesonde verstand kan homself bedrieg nie. As u sien u kerk is deel van Babilon, luister en gaan uit haar uit soos Open.18:4 beveel! Baie sal nie soos destyds, al is hulle oortuig:

Joh.12:42 "Maar tog het selfs baie van die owerstes in Hom geglo; maar ter wille van die Fariseërs het hulle dit nie bely nie, om nie uit die sinagoge geban te word nie."

Wat sal so'n mens se uiteinde wees?

Kom ons los teologie en dogmatiek vir 'n oomblik, laat Skrif ons leer waar fout is, plaas ons geloof onder die vergrootglas, gebruik die gesonde verstand wat Vader ons gegee het, 'n vaste vertroue op Sy Gees wat in ons werk en bid vir wysheid en insig.

Ons Trekker-voorvaders is ons voorbeeld: hulle het hul geloofsvertroue se toppunt bereik juis toe hulle die Kerk in die Kaap agtergelaat het en Skrif hul laat lei het. Telkens, as hulle Hom in nood aangeroep het, het Vader hul verhoor en verlos.

Wat wil ons meer hê?

terug na bo...